"Sanger en dromspeler, Ghapi is ʼn sensasie op sy eie
Ghapi is die man wat met groot geesdrif van agter die dromstel af hoofsanger van sy groep met dieselfde naam is. Hy het in 2005 as Ghapi begin optree en sy derde CD, Rocket, is van Junie 2009 af op die rak.
ʼn Kulturele toer met ritme in Hammanskraal naby Pretoria was net die ding vir Ghapi. Dit word gereël deur Kwalata Game Reserve naby die township en toeriste word vermaak deur Tswana-dansers. Jy kan ook ʼn plaaslike kerk, sangoma, skool en tavernes besigtig.
Ghapi is na net ʼn jaar van optredes aan die einde van 2005 met die Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste Rock Groep beloon. Dis duidelik dat musiek dik vloei in sy are, want voor sy debuut as Ghapi het hy 15 jaar saam met sy twee broers as die groep Georgia opgetree. Georgia spog self met ʼn Geraas Musiektoekenning vir Beste Lewendige Optrede in 2003. As kind het hy saam met sy ouers in die groep Love Corporation gespeel nadat hy reeds op 10-jarige ouderdom die dromme bemeester het.
Ghapi word hoog aangeskryf vir sy vermoë om met die gehoor te kommunikeer en hulle te betrek by sy vertonings.
Tussendeur optredes deel Ghapi graag sy talent deur privaat dromklasse by sy ateljee in Pretoria aan te bied – oud en jonk is welkom! Van hier bestuur hy ook sy eie platemaatskappy, Rock Till You Drop Records. Sy nuutste CD en albei die voriges, In die Diepkant in en Wie ek is, het hy dus self vrygestel.
Hy bly trots dat hy van agter die dromme hoofsanger van die groep is en onderhoudende vertonings kan lewer al staan hy nie voor op die verhoog nie. Van Ghapi se helde is Phil Collins en Roger Taylor van Queen, wat albei dromspelende sangers is.
Ghapi se nuwe vertoning genaamd “Drumonik” skop af in Pretoria op 20 Februarie. Hy hoop om dit en die liedjies van sy nuwe CD, Rocket, reg deur die land te neem.
PASELLA Sê DANKIE AAN
Kwalata Game Ranch
Tel 012 711 8200
Faks 086 686 9875"